Jongste aktiwiteit:

Geluk in drome herwin

Geluk in drome herwin

Saans voor die slaap toesak
wyl ek sluimerend lê staan
die hart se vensters en deure
wawyd oop en mymerend
nooi dit die herinnerings binne.
Party kom skugter, skroomvallig
na binne en voel te ongemaklik
want die onthou ontstel en maak
nog seer dit was te onlangs…
Maar die jonkheidsvreugdes
se memoires huppel na binne
met uitgestrekte arms hulle
verwelkom en omhels jou
om rustig in slaap te versink,
my geluk,
weer in drome herwin

Janetta -Helena [Babs]©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak