
rug
van vroeg af styf
om af te kan buig is raar
op sy hurke gaan sit taboe
maar loop kon hy loop en stap
dit alles te danke aan die melk
die virus het in melk gekom
stille monster wat verlam
party het in ysters geland
ander het dit nie gemaak
‘n epidemie wêreldwyd
tot daar entstof kom
sluk boetie sluk
dit het die virus
in jare verdryf
tot die mens
immuun
was
maar;
toe begin
die aardmens
en genereer sy eie
om miljoene mense
daarmee te vermink
selfs hul DNA te versink
tot reptiliaanse vlakke
van on-immuniteit
alles net om hul
nuwe wêreld
te bou
waarin hul alleen
sal kan heers
en tog kom
Skepper
en red
Hy
weer
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.