Stille verlatenheid #silwer
In ’n wêreld vol mense
stap harte alleen,
met onvervulde wense
en drome wat ween.
Op skerms flikker gesigte,
laggies word gestuur,
maar agter die skerp ligte
brand ‘n eensame vuur.
Ons dra ons heldemoed
soos ’n mantel teen die koue,
maar onder die lapgoed
klop verbleikte vertroue.
Ons praat oor werk en weer,
oor planne en plesier,
maar wie sien die seer
wanneer die nag sy vrede vier?
Daar is geen tekort aan name
om ‘n warmtekring te bring,
dis die dors na ‘n siel tesame
wat jou binnekant laat sing.
’n eilandhart soek nie skare nie,
dit soek daai één.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir FEBRUARIE 2026 – OOP projek