Jongste aktiwiteit:

Bosveldbrander

Bosveldbrander

Op die horison, witgepakte wolke kom stadig nader.

Grys raak die lug, donker hang soos die diepblou see.

‘n Gerommel in die verte kom al nader.

Rollende gebrul wat oor die hemel spoel, raak al harder soos die rowwe see.

Skielik ‘n oorverdowende knal wat die lug laat vibreer soos ‘n groot brander besig om te breek.

Stadig sagter, terwyl jy nog die dreuning in jou borskas voel.

Soos water begin spoel, breek die bosveldbrander en die reën stort neer.

Deur: Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed