Weg is die nag
Soos die geklingel van teelepels
kwetter voëls die dagbreek nader.
Die hemelruim se vaalgrys dooie vel
word ligpienk as die dag sy lewe kry.
Silhouette afgeëts teen die grou lig
kry stadig vorm as die ligpienk
verkleur na oranje-rooi.
Die nuwe dag neem sy gestalte aan
en vir sekondes loer die halfskreef son
agterdogtig na die sekelmaan,
wat huiwerend nog klou,
voor hy toegeeflik sy lot aanvaar
en saam met gister se donker
die niet in verdwyn.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.