Jongste aktiwiteit:

Tyd Se Tik- Tak

Tyd Se Tik Tak

Oral in die huis
maak horlosies hul tuis
stil en geruisloos en vertrek
tot vertrek loop jy en merk
weerloos die tyd se verloop
hier ‘n minuut voorloop
en daar weer agter of vroeg
sal nie help dat jy wroeg
stel maar gereeld soos klokslag in
dat almal weer gelyk begin
almal is saggies elektronies
soos wat meeste dit verkies—
Nêrens wil die horlosies bes gee
By yskas, radio, en T.V.
staar dit stil modern ooghoogte
tydvraat ewe uit die hoogte—
Ek het besluit
ek gee geen bloue duit
vir al die gerief en foefies
ek verlang helder sonder doekies
omdraai die eerlike tik-tak slag
van elke sekondeslag
van my ou wekkertjie
getroue ou werkertjie—
Op die bedkas staan hy
vir jare al aan my sy
en ek het besluit
om hom voluit
te versorg
elke ratjie en skroefie geborg—
meer as ‘n dekade al
dat die ou wekkertjie pal
die tyd luidrugtig tik
en in my skik
wen ek die ou veertjie op
en sit dit weer mooi regop
terug, ‘n liefdesdiens
tik-tak verdien—

Janetta – Helena [Babs] ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed