Jongste aktiwiteit:

[Brons] In die As van My Gebede

In die As van My Gebede

 

Ek het U gesoek in die rook,

tussen hande gevou van pyn,

’n mond wat vrae bloei in stilte

U antwoord het verdwyn.

***

My knieë rou teen koue vloere,

Psalms lê koud en stom,

die Woord het asem opgegee

geen God het meer gekom.

***

Ek het U naam uit woede geskreeu

my eggos lag my uit,

die hemel het my verby gekyk

net leegte was my bruid.

***

Ek het U verwyt vir elke kind

wat nooit weer kon asem kry,

vir elke lig wat onder kruis

se donker skadu ly.

***

Maar toe my denke glas breek-nag,

en hoop in skerwe lê,

het stilte soos ’n asem roer —

’n fluistering, vir my kom sê

***

Nie donderstem of wonder nie,

net asem in my bors,

’n mens wat leer om weer te leef

om U te hoor deur dors.

***

U was nooit weg…

in rook, nag, of nood.

Dis ek wat stil geword het

want geloof in my was dood

 

©Nicola Brown




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed