Dalk ñ bouval
Dalk ñ bouval.
Weggebêre waar niemand sien staan n huisie, goed verniel.
Vertel ‘n storie van eens ‘n sprokie.Stemme lag, ‘n tuin wat blom,’n tuiste vol liefde.
Nou ‘n bouval, hartseer vir die oog. ‘n Voetpad lei waar eens ‘n tuin.
So is daar ook ‘n lewensverhaal. Eens was alles mooi, ‘n legkaart voltooi.
Lewenswinde het verniel. Die bose het kom plunder.
Al wat staande bly, is ‘n bouval met eens ‘n storie.
Wel, dalk ‘n bouval — maar steeds ‘n huis vir hom wat ‘n nuwe storie gaan vertel.
Deur: Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.