
stilstuipe
sedert die laaste fluit
heers daar geskokte stilte
die onvoorsienbare het gebeur
net een punt te min om te wen
vat dit op jou bors sportseun
jou “geluk” het gedraai
een stap te ver
een spel
te kort
sy geloof het hom gered
sy baard was spierwit en lank
sy hart het teen sy borskas geklop
in sy hand sy seun se handjie
op sy rug die pak hout
gereed in sy roeping
om alles te waag
in een offer
was jou geloof in My
maar so sterk soos jou diep
emosie oor die sportgebeure
wat jou verbind en verslaaf
jou tyd maar so eerlik
aan My Woord
as jou slaafse
verslae sug
in verloor
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.