karet
jou trippelstappie
is soos dié van ‘n steenbokkie
wat vol selfvertroue se weg baan
deur en oor die grofste rotse
jou onskuldige ogies
is voldonker dieptes gelaai
soos dié van ‘n duikerooitjie
wat haar lammetjie voed
jou blonde krullebol
vol weerbarstige punte
soos die blare van ‘n palm
in dié ergste wind
helder lag jou stemmetjie
kibbel, kabbel dit altyd vrolik
deur die huis en oor die tuine
van my verweerde hart
so, my lief ..was jy
toe jy kleiner as die lewe was
nou het jare dié gesiggie
in grys landskap vervaal
soos verliefdheid vergroei
in diepgaande liefde, ..respek
so kleur jou dribbel, brabbel
die dop van my karet
Ó Tearlach.
(Karet – seeskilpad se dop)
.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.