Jongste aktiwiteit:

Inkdief

Inkdief

○ 2026 Ryno. Alle regte voorbehou. ”

Op jou perd galop jy deur my hart se woorde.

Jy beleef die gevoel en liefde.Elke letter skree jou naam, want jou siel praat saam.

Uit my kluis van woorde raap jy alles wat jy wou hê.

Plunder my naam asof dit nog nooit bestaan het nie.

Foute het ek al gemaak, dalk meer as wat jy kan beraam.

Die lewe het my goed behandel, al het omstandighede my mishandel.

Jy is welkom om saam met my te wandel, te deel in my kluis van woorde.

Besef tog wel my stempel is verbode

in Naam is waaraan ek probeer bou. Woorde te skep wat jy en ander op kan vertrou.

Dief van ink, ek deel met liefde my skrywe aan jou.

Los ten minste net my erkenning hier by my.

Waarlik wens ek saam met jou

jy kon ook gevoel met woorde omvou.

Jy probeer die son met skemer steel, tog skyn hy môre weer.

Mag jy vrede in jou eie lewe vind. Mag jy ‘n put ontdek met soete water wat vir jou, jou eie waardering bring.

Deur: Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed