skaduloos (Goud)
laat my woorde wegbreek
uit my stowwerige binnekamers
met hul skadu’s en geykte woorde
laat my vers-lig gaan hang
aan bome van lanings
aan krip en graf
aan lip en oor
veerlig soos fëëtjieliggies
laat dit ‘n teenwoordigheid word
‘n entiteit wat die nypende melancholie
van skadu’s elimineer…
…laat my vers-lig gaan hang
waar my verse skaduloos kan voortleef
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Oktober 2025 – OOP projek