Soet geur van sonde
Opregte heer, staan jy voor my deur, skoon geskeer met ‘n soete geur.
Jy stel jou voor, maar sonder naam, jy is alles behalwe skaam.
Die gevoel is reg, my wese veg, iewers weet ek iets is nie reg.
Rose van alle kleure, sjokplade met likeure, verlei jy vele, soveelkere.
Saggies fluister jy: Jy het nie mooi geluister, Ek is sonde.”
Jy lag in die duister nou aan my gebonde.
Met nuwe wonde lê ek teen die grond
Sonde, klop soos n heer aan die deur.
Groet met soete geur, verdwyn met ñ handvol seer.
Deur: Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.