Jongste aktiwiteit:

bode

 

 

jou boodskap

kom helder deur

geen tyd of rigting

slegs die rou woorde

ongebreidelde waarheid

strak en reguit ontvang

waarop bou jy my siel

waarop hoop jy nog

slegs tyd sal leer

sê die mense

maar ek weet

tyd kan nie leer

kan nie bestaan

sonder Sy Lig

en waarheid nie

waar is dardie nag

pikswarte nag van niks

slegs waar Lig afwesig is

Lig wat jy, my siel

soms probeer

verdryf

omdat

Aardse druk

jou beklem

jou verwurg

jou probeer stuur

uit Sy Lig en Waarheid

maar, dankbaar

sing ek dan

my hart

behoort aan U

o Heer

 

© Tearlach.

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed