Te laat
‘n Glimlag is nie veronderstel om swaar te voel nie
Die seer in jou hart was nooit vir jou bedoel nie
Nou sit ons hier en raak weer dronk
En verlief, my lief
Nou weet my hart nie wat om te maak nie
Hy moes nooit weer op jou verlief raak nie
Nou sit ons hier met ons glase vol pyn
En ons harte vol wyn
Miskien moet ons weer probeer
Miskien net nog een laste keer
Of gaan dit ons net verder ruk
En uit mekaar se lewens uit skeur
Nou begin my glimlag swaar te voel
En ek weet nou vir wie was die seer bedoel
So ek sit maar hier met my glas vol pyn
En en my hart vol wyn
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Mens voel die seerkry in jou gedig...