Jongste aktiwiteit:

Ou Koos

En ja, ou Koos,
het toe mos sonder blik of bloos
met ñ kop vol gevlegte toutjies
Rastafarier geword –

Nou dra ou Koos
‘n lang wit toga
oor sy kruisbande en tonteldoos –
Luister, ou Koos
in plaas van sakkie-sakkie
nou reggae –
Eet, ou Koos
in plaas van varkkaiïngs
nou Chakalaka –
rook, ou Koos
in plaas van Rum & Maple
nou Marijuana –
stook, ou Koos
in plaas van Witblits
nou Maroela
en dra, ou Koos
in plaas van sy Boxertekkies
nou Moses-sandale.

En ja, ou Koos ……………….
hie-hie-hie- hik-hik-hik …
hoe lag ek my nou in ‘n malkop-Kaketoe?
want, hê-hê-hê, hie-hie-hie, hik-hik-hik
hoe, hoe-hoe-hoe
vreemd, is ons ou wereld nie?

Tssk-ja, ou Koos …………..

©Elizabeth Greef




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed