Solitêr
Solitêr
Jy was gister nog daar
maar
jy is heen
geen rede of skete
net die finale wete
jy is weg
vir altyd weg,
weg,
dit skryn—
‘n glasie trooswyn
op solitêr
wat voorlê—
Wat is die sin
van bemin
of bemind te wees
uiteindelik tog maar wees,
beroof,
na jare se saam afsloof
en jy rondom heenkyk
na alles saam bereik, blyk
dit ietsie hier, ietsie daar
nuut vergaar elke jaar—
Jy het moeg gaan
slaap en nooit weer opgestaan—
Uiteindelike verrotting
maak van alles ‘n bespotting
en lyk sin
bloot versin—
Janetta – Helena [Babs] ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
sjoe tannie Babs hierdie gedig vertel mens se hele lewensverhaal in n paar woorde... puik!