Engel Gabriël
Soms, in die nag, verbeel ek myself –
as gister se spoke my hard-op uitjou –
God stuur Sý engel Gabriël
om oor my wag te kom hou.
Nie by die venster,
nie by die deur
maar regop langs my
op die matras
sodat die spoke nie ook
in die vertrek kan inpas.
Met sy vlerke wyd oor my uitgesprei
raak ek rustig, die gevaar is verby.
3 Kommentare
-

Kiekies
Hierdie gedig praat met my hart, want ek nodig ook 'n Gabriël. Puik gedoen!
-

Amaspoke
Pragtige skrywe!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Baie dankie vir jou deelname aan die INK en SA Vryskutskrywer kompetisie, sterkte en mag die beste persoon wen!