geveg
soos Job
staan jy stil
en kyk hoe die wolke sweef
in verwondering, net kyk, na God
hoe Hy die lewe om, deur en oor jou
aanhoudend beheer en stuur
sien elke oomblik as nuut
weet, Hy kom gee lewe
gee elke dag vars
nuwe ervaring
nuwe wete
nuwe
dankbaarheid
loof die Here
want in
die doudruppels
lê Sy seën verberg
spesiaal gevorm
vir jou ruwe
siel
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.