JY STAAN NOG DAAR
Jy staan nog in die skadu’s
gister se skaduwee gedagtes
jou woorde was in doringdraad gevlieg
sy het die alfabet kruppel gehuil
jy het jou hoogmoed masker afgetrek
woorde se betekenis vergruis
laaste lig word uitgedoof
jou asem het my lig gesteel
jy het my nie bevry
jy het nie
jy het jouself gevonnis
tronk gedagtes het verraad gepleeg
my gesig is in jou gedagtes in geweef
@Loret Zwarts
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Augustus 2024 – SKULDLAS projek