Jongste aktiwiteit:

BESEF ONS DIT ?

Jou woorde bly nog by ‘n persoon lank nadat jy die vertrek verlaat het.
Mens moet jou woorde netso versigtig kies as jou vriende.
Lank nadat jou woorde gesê is en jy met jou lewe aangaan het dit ‘n inpak op die persoon vir wie jy dit gesê het.
Woorde wat gesê is kan nie terug geneem word nie . Woorde kan ‘n mens se lewe vernietig daarom vermaan die bybel ons ook om eerder stil te bly as ons nie iets goes kan sê nie.
Dit laat my ook aan Nicolas Louw se liedjie dink, “Vergeet en vergewe”.
Waarom maak ons mekaar so seer, wat kry ‘n mens daaruit om iemand anders af te breek ?

Wees opbouend met die woorde wat jy spreek. Dit sê meer van jou karakter en opvoeding as wat jy ooit sal dink.

Kom ons kies komplimente bokant beledigings.
Kies vriendelike woorde bokant afjakke.
Kies behulpsaamheid bokant snobisme.
Kies vandag om ‘n beter mens te wees as gister want spyt is ‘n kuiergas wat altyd last en ongenooid aan jou deur kom klop.
Sy is nie vriendelik nie. Sy gaan jou aan elke woorde herrinner wat jy in die hitte van die oomblik gesê het en sy sal seker maak jy weet vir wie jy dit gesê het.

Kies vandag jou woorde in ons mooi taal afrikaans om nie jou siel met ‘n skuldlas of skuldgevoel te oorlaai nie. Wees vandag ‘n koningskind wat spore van liefde en omgee loop.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed