Profeet
Profeet
Bind my in die bloed van die Lam,
brand geskrifte in my oë
en kruisig my op die plek van skedels,
want in visioene van
bier, bloed en rookdampe
is tekens van die tye.
My gemoed is ‘n donderstorm,
my lewe ‘n vuurdoop.
Wees vir my ‘n brandende bos –
laat U wil geskied.
© Ernst Dos Santos
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Jislaaik...ek soek na die regte woorde...dis treffend!!