Jongste aktiwiteit:

Jonkheidsliefde

Jonkheidsliefde

Ek kan ons jonkheidsliefde nooit vergeet
as alles my herinner aan tye lank gelede
reeds verby toe alles so wonderskoon was
en die liefde bruisend nuut, en die
oggende douvars was gretig sorgeloos
afwagtend begroet en saans die sagte
maanskynnagte, dromerig, romanties
sterbelaai , alles in ‘n feëlandskap omskep – – –
Maar
jy was daar ‘n werklikheid en vastigheid
in die wonderlike euforie van die jonkheid
se eerste vurige ontwakende liefde nou
sonder vonk byna tot as verbrand en die
maan se romantiese glans is weg en sterre
se vonkel het verdof, die liefde glansloos gelaat – – –
Waai weg die as o briessie en laat die versmoorde
kooltjies weer gloei en die dooie liefdesvuur
laat opvlam dat ons liefde soos die feniks
uit die as herrys en herlewe tot ‘n voller
ryper volwassenheid – – –

Janetta Helena [Babs] ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed