
Ek Was Daar
Ek Was Daar
My laaste vakansie was soos altyd op
die plaas die enigste plek waar ek ooit
volkome geestelik ontspanne kon rus,
maar die plaas was verkoop – – –
Ek was daar toe die pragtige trop
Rooi Afrikanerbeeste kom laai was,
Ek was daar toe die vee deur die rivier trek
met die twee kelpies na die nuwe eienaar toe
en my hart wou breek toe ek agternakyk – – –
Ek het gekyk na die mooi plaas en handewerk
en alles wat so stuk-stuk weggery word en
skryf baie moeilik oor die afskeid wat deur
ouderdom afgedwing was en niemand wat
verder kon boer nie – – –
Die dag toe ons finaal vertrek het my pa,
toe al diep in die tagtig jaar die Chevrolet
bestuur en ek die Landrover, steeds vol gelaai – – –
Ek was daar in my grootse geluk en vreugde,
en ek was daar in my grootste verdriet
met die laaste vertrek van die plaas
toe die naelstring finaal geknip was – – –
Janetta- Helena [Babs] ©
4 Kommentare
-
-
Viooltjie
Hierdie skrywe van jou ruk mens aan die hart, Janetta. Ek het nou sommer 'n traan in die oog
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
So praat almal van ons tyd -sommiges eerlikreguit soos jy, ander onhorendmompelende omdat erken van boedeloorgawe met skynheilge verskonings versmoor word; ander weer, steek liefs volstruisagtig kop arrogant, selfveskonend en -regverdigendend in die sand... Afskeid is selde maklik, maar die erosie van die etiese daarna baar dikwels onberekenbare siele-skade... Ek lees jou dalk heeltemal tot eie ervaring. Indien so, verskoon maar!