Jongste aktiwiteit:

Tweespalt

Tweespalt

As ek sê
ek het jou lief
beteken dit nie bloot net
ek hou so baie van jou nie – – –
As ek sê
dat ek jou haat
beteken dit nie bloot net
ek hou nie so baie van jou nie
want jy het lief met ‘n passie
en jy haat met ‘n passie – – –
Kom daar tweespalt en die
twee ekstreme pole kom nie
tot ‘n vergelyk eskaleer dit
tot ‘n vete tussen families wat
geslagte lank woed en niemand
weet later rêrig waarom nie en
die nageslag net hul koppe skud
en sê ai die oumense darem
tot hiertoe en nie verder by
ons begin die détente ongeag
en kyk diep in mekaar se oë
en sê ek het jou so baie lief – – –

Janetta – Helena [Babs] ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed