Wag van die pad.
Wag van die pad
“Wag van die pad, waar betaal ek my boete vir gebreekte grense?” kom die vraag van ‘n wandelaar.
“Hoe dan so, Meneer? Waar het u dan oortree? U stap dan die pad,te voet?”
“Ek praat nie van hierdie pad waarop ek dwaal nie. Ek praat van die gejaag na wind op my lewenspad.
My lewe het by my verby gevlieg met spoed sonder perke, het ek elke afdraai gemis. Verby jou gejaag, bewaker van die strate.
Al my ideale lê op kronkelpaaie.
Meneer te voet, daardie prys kan ek jou nie beboet. Slegs die Almagtige sal dit bepaal.
Voor ons groet tyd sal wel vergoed.
Deur:Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.