Jongste aktiwiteit:

April 2026 – Patriotisme projek

Beste INKers

Op 6 April het die Afrikaner tradisioneel Van Riebeeck-dag (Stigtingsdag) gevier, wat intussen amptelik gesneuwel het ter wille van demokrasie. Dit erodeer egter nie ons geleefde geskiedenis nie, en daarom sal hierdie belangrike datum ons oorhoofse projektema vir April wees.

Die tema is dus: Patriotisme.
 
Om jou eie te vier onder die vaandel van ‘n grondwet wat beskerm, word elke dag noodsaakliker.

Sonder om die tone van ander tale en kulture blou te trap, neem deel hieraan en besing die erflating van ‘n Afrikaans wat leef. Om trots te wees op die taal van jou oorsprong en te juig oor die bydraes van die Afrikaner is jou reg én jou voorreg.

Neem deel hieraan in die genre van jou keuse. Hetsy jou patriotiese stem tussen die streng meetsnoere van poësie lewe kry, of jou mening en idees in prosa weerklink, of die kortverhaal jou spasie van belang is, laat dit altyd uit jou pen weergalm:

“In die merg van ons gebeente,
in ons hart en siel en gees,
in ons roem op ons verlede,
in ons hoop op wat sal wees.
Deel geen ander land ons liefde,
trek geen ander trou ons af.
Vaderland! ons sal die juk dra,
al die jare, al die dae –
Ons sal bou, ons sal bewaar –
Ons vir jou, Suid-Afrika.”

* Die Stem van Suid-Afrika, 2de strofe,
woorde deur C.J. Langenhoven (1918), musiek deur M.L. de Villiers (1921)

Daar is geen lengte, struktuur of komposisie voorskrifte nie.
Jy mag egter níé die woord “patriotisme” losstaande as titel vir jou werk gebruik nie.

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Skryfgroete
Projekbestuurder.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS BY GEDIGTE EN VERHALE AFDELING EN 3 INSKRYWINGS BY DIE PROSA AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR GEDIG PUBLIKASIES ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PROSA EN VERHAAL PUBLIKASIES. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed