Heilige bloed
Heilige bloed
Deur Ryno du Plessis
Met heilige bloed op Golgota het Hy die prys betaal.
Die dood het Hy oorwin, ’n lewe vir my en jou.
’n Ewige lewe, vry van sonde.
Tog kies ons ’n lewe verbode.
Soos ’n ondankbare kind is ek aan die wêreld gebind, verblind—die prys reeds betaal.
Vir my het Hy mos gesterf, ek is reeds bederf.
’n Gebed so dan en wan, soek nog meer as wat die lewe my gee.
Sak en as— sou Hy nie aandag gee.
Reeds het Hy sy lewe gegee.
Elke dag leef ek in my eie krag, vra vergifnis omdat ek mag.
Môre doen ons weer, maak ons Jesus bitter seer.
Hoeveel keer moet Jesus sterf vir my en jou om dit werklik te waardeer.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.