Fyn lyn
Fyn lyn
Tussen goed en kwaad, lê die lyn maar fуп.
Ink het geloop en die woorde is gedoop. Die merk is reeds gelos.
Aan my woordelyn, hang elke sin soos nuwe aas. Elke woord bepaal die vangs van goed of kwaad.
Doen of praat, maak ek mense bly of kwaad. Hoe vloei my ink, sag of verwaand.,
Is my woorde en dade huis, of veroorsaak ek ñ nuwe kruis.
Deur; Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.