gryp
terwyl ek op my duin sit
pak daar ‘n gevoel my beet
voel dit of my binneste wil gryp
na iets buitekant my volle wese
dralende gedagtes lei na sinne
dit vergyp aan my werklikheid
omklem my hart en ek soek
soos drenkeling na uitkoms
iets of iemand om na uit
te reik, vas te hou
‘n strooihalm
van vrede
versin
in
daaglikse
onmin, geweld
vrees en bewing
bewerasie wat mens
se hart laat spring
en ritme verloor
wat jou lewe
kan vergryp
verwoes
tog
is
Sy Offer
reeds gebring
omvat dit jou reeds
val jou vrees en bewing
in die winde wat verander
wat steeds koelte bring
rus bring, vrede bring
binne chaos
van hede
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.