Kuns Sonder Siel
Kuns Sonder Siel
in skerms se koue lig word woorde gebore
sonder ’n hart wat werklik voel
dit klink soos kuns, maar bly tog verlore
tegnologies ontbreek en koel.
die pen wat eens sag oor papier kon gly,
raak stil in die skadu van krag,
waar siel nou verdwyn in algoritme se ry
en patrone ontstaan sonder mag.
die kunst’naar se pyn en vreugde se vlam,
kan nie deur masjien-geheue vloei,
want emosie is meer as ’n berekende raam
dis die stem wat by die hart uitbloei
so laat ons onthou, in ’n wêreld so slim,
dat kuns nog moet menslikheid dra,
‘wyl woorde sonder siel vir ewig maar skyn
en ware kuns word ‘n hart sonder slae
© 2026 Nicola Brown
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.