‘n Krummel van die tafel
‘n Krummel van die tafel
Ek staan met ‘n kommetjie in my hand
om al die krummels van die groot digmeesters
van weleer op te vang, ikone van ons Afrikaland
‘n krummel
is al wat ek vra
al staan ek net op die digmeesters se drumpel
net ‘n woordjie
of ‘n rympie
dan sal ek nie kla
om te volg
in
jul
spore
ek’s nie ‘n digter van formaat
met boeke kennis
of goue woorde om te dis
of ‘n honneurs graad
wat
p
r
o
n
k
agter my naam
ek’s nie skaam
om te sê ek’s net gewoon
maar mag my S I E L E K O S woorde
jou beloon
2 Kommentare
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2018 - Digkuns projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Cornien
Ek kan nie die uitleg van die gedig reg kry op ink nie. Die korrekte uitleg is 'n mannetjie wat staan.