Jongste aktiwiteit:

Laaste lag

Laaste lag

‘Waar is jou lag, waar het jou son gaan sak?”

Jy praat net van seer, het jy nog beheer?

Dalk is my masker bloot net weg. Grappies uit my duim, kry ek dit reg. Jy lag opreg, ñ gevoel waarna ek nog smag.

Maskers was af, woorde en wonde bly vir altyd. Maker van lag was my werk elke dag

Sonder maskers sien jy my vandag. Daar is baie stories wat nog wag.

In die arena van my eie sirkus, sit ek nou en bewonder die skou.

Aan ñ lewe gelede, moet ek kou. Eerlik myself herbou, want hierdie keer,doen ek die laaste lag

Deur: Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed