Jongste aktiwiteit:

blom

 

 

as oorlogsblomme blom

dan weerklink dit al om en om

kartets spat en vuurwerke skyn

teen hemeltrans en stergewelf

teen my duin sit ek en droom

van wêrelde ver vergete

van oefening brigade

Mistral en parade

lang kollomme

voertuie

slakkepas

van agterhk

tot Kimberlie

se wye oop strate

alles oorgelaat aan genade

in digte bosse skerm en skoot

geharde manne met vuurdoop

deur vuur-in-beweging se loop

links en regs klink skote op

voor my is daar een R1

wat plotselings blom

smoorprop fluit

tussen bosse

rakelingse

mis

staak vuur!

oorlogsblom

se blom is suur

op die oggend uur

pakdril by herhaling

dommerd moet leer

deur sy makkers

se bloedsweet

en sy eie

blomgeweer

 

© Tearlach.

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pieter Mostert het ‘n nuwe publikasie gemaak