
bittersoet
hoe bitter die gal
hoe soet die heuning
voor elke silwer wolkie-rand
lê daar ‘n wavrag pyn
na elke genesing
kom daar donkerswart
giftige boodskappe aan
betaal of word vervolg
met mooi gesiggie
besoek sy jou siekbed
belowe gesonder dae
goeie : betaaldae
almal saam bly
die ongerief is verby
nog net hulle gierighart
met duisende verbly
arbeider is sy loon werd
stem heelhartig daarmee saam
hoekom party vier en vyf maal hul loon
moet opeis : dit verstaan ek nie
party dring daarop aan
om hul hemel nou en hier
in weelde te kan geniet
almal om hul te gebied
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.