Net te vroeg
Net te vroeg
Koue swart oë, skewe lag…skielik het die tyd jou kom haal.
Daar waar lewensdrake veg, was jy gewees.
Donker paaie het jy geken. Jou liefde vir die lewe, die hier en nou kon niemand blus.
Rus in vrede kan ek steeds nie sê, daarom groet ek jou soos gewoonlik. Sien weer later.
Vir jou sal ek altyd mis
Deur: Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.