
Tyd dief
Die revolusie van tyd
loop nie meer stadig uit
vasgevang in die nuutste tendens
sosiale media
verwyder mekaar
elkeen besig in eie wêreld
oordeel en braaksel
moets en moenies
agter skerms
lewe maskers en filters
agter geslote deure
gebeur alles virtueel
geselskap word vervang
met vingers wat tik
en ons vurig aan leuens verstik
gevoed met propaganda
sensasie, negatiewe nuus,
politiek, rassisme
en kommunisme
voed ons leeg
verslaaf word data verbeur
geloofwaardig hoe ons mekaar verveel
terwyl elkeen geïsoleerd
alles op hul skermpies
vir soetkoek opvreet.
© 2018 C. Holder.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.