Jongste aktiwiteit:

Spyse vir die siel

Gretig lees ek op, elke inkbelaaide sin,
volg ek elke vers, in my bybel vasgepen.
Staan ek in pure opwinding om nog wysheid te win,
om te verseker dat ek die brood van lewe ken.

Nuuskierig kyk ek rond, na alles om my heen,
Sien ek met waarderingsoë, dieper as vleeslike sig.
Elke mens verskillend gemaak, gevul met vleis en been,
Maar innerlik in gees, het almal dieselfde lig.

Met respek in my hart, aanvaar ek die lewe se gang,
Sien ek daagliks raak, in die wiel van ons bestaan.
Soms met vreugde en lag, en soms met n versteurende bang,
Besef ek weereens, waaroor ons lewe gaan.

Op my lewensreis leer ek met wysheid sien,
Dat my siele kos God’s Woord is, en om mense te bedien.
Paula Paxton ©




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed