VERTROUE
Op die vooraand van ‘n onvermydelike oorlog wat gaan woed,
In die aangesig van rook en vuur wat plek plek gloed,
Tussen die skare van mense wat net oor een ding kan praat,
Staan ek voor U my God en pleit oor rassehaat.
Terwyl bloed reeds jare al vloei,
En ek met hartseer alles betraag en verfoei,
Weet ek U Woord staan vir altyd vas,
Met genade wat spoel oor elke aardse ras.
Terwyl haat nou die norm van die mensdom is,
En broers mekaar verraai met n skynheilige kus,
Waar kinders ouerloos vir hulself moet veg,
Weet ek vir seker, U maak n weg.
Met vertroue in U, wag ek op n nuwe dag,
Sien ek met vreugde uit op na wat more wag.
Ongeag van die beelde wat ek sien om my heen,
Wag ek met versekering op U beloftes van voorspoed en seën
Paula Paxton©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.