
om(te)gee
goeie gawes resoneer
dog verwag niks terug
het ons daaruit geleer
anders is gawes ‘n klug
betaal dit vooruit sê hul
klink dan na verwagting
gaan jy jouself so verkul
wil jy iets daarmee beding
gee en gee en gee – nee
skuldgevoelens daaroor
jou selfbeeld dalk ontklee
menswaardigheid verloor
gee as jy het om te gee
en wanneer om te sê nee
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.