Seisoene se sielekos
As die hitte van die dag neerbak op jou lyf,
jy vrolik baljaar in die lente van jou geluk.
Sal jou hart nog kan jubel, jou stem gedigte skryf
As skemer jou onwetend kom verstuk?
As asemteue diep, jou longe brand,
koue lug tintelend aan jou vel kleef,
jou voete paai loop, in skoene gevul met sand,
Besef jy gou om steeds na bo se streef.
As jy met hernude hoop aanvaar wat tye bied,
Moedig bly staan in die baan waarin jy wandel,
sal jy spoedig besef elke seisoen uitgegiet,
net in goedentierenheid handel.
Seisoene op hul tyd, is genoeg om jou te voed,
En leer jou kosbaar lesse voor jy die aarde groet.
Paula Paxton ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2018 - Spyse vir die siel projek