Jongste aktiwiteit:

wendinge

uit die mis van een asemteug
kom daar vergesigte oor die see
drywende seewier hang bruin in blou
staties hang afgryslike groot staal gedrog
in stille afwagting op deinserige horison
snags blink sy toring liggies en blits
geduldig soos swiepende ligtoring
wat baai op rotsagtige punt belig
weer sweef my gees op waters
gaan sit op sy eensame duin
en bekyk eindelose swelling
van golwende turkoois
terwyl my liggaam
huiswaarts
keer

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed