Peper duur
Peperduur
Deur: Ryno du Plessis
Peperduur het Hy die prys betaal. Sy bloed het dit verhaal.
Bloed het Hy gesweet, die aand met die laaste maal.
Tot God gesmeek, laat die beker verby kan gaan.
Aan die kruis het Hy gehang, bitter bang.
Was die trant van my lewe die prys werd?
Met haat sou ek die wêreld verwoes. Met liefde het Hy die mens geseën.
Verdien ek werklik God se Seun?
© 2026 Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.