Stilte skree #silwer
Stilte skree
Sy staar die donker in
klaasvakie het elders sy sand gestrooi
gloeiwurms speel parte met haar oë
suisende sonbesies skree in haar ore
as swartnag in die kamer hang.
Pyn wil nie sy lêplek kry nie
en soek ‘n onbewaakte holte
om wegkruipertjie te speel.
Sy hou haar asem op
haar gô is uit.
Sy sny deur die donker koek
haar hartklop ‘n dromspel.
Nag speel sy eie simfonie.
Bewegingloos lê sy en luister
maar die niks fluister kliphard.
Christa Diederiks ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.