Jongste aktiwiteit:

LASLAPPIE TAAL

gevorm, gegroei in my kop
verby my kleintongetjie gegly
teen my verhemelte die trilling gekry
in my kieste rond gehop
my tong agter my tande laat stop
het klanke woorde oor my lippe gelei
so het die taal ook deel geword van my
dink, droom en praat ek dit sonder stop

daar gesteel, hier aanmekaargeflans
volke saamgevoeg soos ‘n groot bont kombers
my laslappie taal, my Afrikaans
vorm, groei en blom sy in klank en vers
die taal waarin ek dink, droom en dans
werk ek myself vas aan ons laslappie taal kombers

©HMellet




Ek is maar net 'n kaalvoetkind van Namakwaland, verslaaf aan die reuk van ink op papier en honger vir woorde wat siele versadig, of dit nou uit my pen kom of joune.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed