‘n Bossie jakkalsblom
Ek word dryfhout in die rivier
êrens, êrens moet ek soek
vir die chemiese stroom
‘n stroom wat my sal vat
tot waar ek weer kan droom
Ek hoor die rivierlied
en die wind wat asemhaal
‘n hadiba lag vir die son
dryf by my verby ‘n bossie jakkalsblom
Op die grasvlakte duskant die kronkelende loop
was daar ‘n groot skaal hongersnood
is dit die ontbering en lyding
dat die voëltjies hul vlerke slaan
teen die verwarde boomtakke aan
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.