Godgegewe lewe
Die geringste een geseën
my gebede verhoor
ek uitverkore een
‘n stukkie ewigheid groei in my
die wonder van Godgegewe lewe
wat in my ‘n mens gestalte kry
dankie Heer dat ek ‘n ma kan wees
ek dra in my ‘n nuwe lewe
‘n kind van hoop van wat kan wees
ek wil jou in my arms toevou
jou vingertjies en tone tel
maar wil jou ook onder my hart bly hou
ons ineengestrengelde lewe moet skei
maar jy my kind
jy sal altyd deel van my hartklop bly
5 Kommentare
-

Inkmoderator
Elroux, 2de strofe: Godgegewe met 'n hoofletter. In die 3de strofe, alhoewel dit in die rympatroon inpas, sal ek eerder nie 'vrees' gebruik nie, aangesien die toon van die res van die gedig positief is, en daardie een enkele woord die wesentlike lading striem. Ek wil ook effe krap aan die laaste stansa, en stel voor: ons ineengestrengelde tyd is geleen [maar verwyder] daarom laat ek jou weg aan die Here oor vra ek dat Hy jóú, my kind, sal seën. Ek weet nie of jy daarvan sal hou nie. Gesels gerus met my. Skryfgroete IM
-

Viooltjie
Baie goeie werk, Elroux :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Nelia Strydom
Baie mooi. Dit laat 'n mammahart sommer terug verlang.