Jongste aktiwiteit:

Windpompe

Jy kry hulle oral in die platteland gesaai
in afwagting vir die winde om te waai
met koppe regop soos ‘n Sonneblom
meestal pen orent, ander skeef en krom

Van die Weskus op tot middel in die Karoo
wag hulle geduldig vir die reën van bo
om die aarde te voed met lewens water
uit genade gestuur van die hemelse Vader

In die Kalahari waar droogte baljaar
lyk hulle maar moeg jaar na jaar
hulle koppe hang verlep en geboë
skaam en verleë in hul onvermoë

Die mielies en gewasse pronk in die Noordwes
die Genade het die grond se dors geles
blink in die son draai nuwe lemme bly
om vars water in die plaasdamme te lei

Die plase lyk mooi, maar die dorpe is besmet
wie sal ooit hierdie wanbestuur kan red
korrupsie in dorpe en stede maak my bang
selfs van die windpompe se koppe hang

Stadig draai hul kreunend en vergete
party geroes of stukkend en verslete
in die veld staan hulle eensaam en verlate
opgeneuk en flenters soos Wolmaransstad se strate

Al is van hulle moer toe gepomp en ongedaan
sal windpompe altyd bly voortbestaan
in die hart van ons Boerevolk sal hy bly leef
al is dit net as baken om vooruit te streef



2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van inkhoringinkhoring is nou vriende

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak