(jou) gloriedae (Goud)
in jou gloriedae
had jy my…willose lappop
op daaglikse dolle vaart
deur modder en haakbos…oor
sinkplaatpad en plate duwwels
het jy my gesleur
my asem was skaars ‘n moeë sug
my laat-gaan van jou was in een woord
traumaties afskeid orden nie emosies nie
die nuutgevonde orde het
vakante ruimtes in my hart en siel gelaat
dáár waar eens vrees geleef het
heers nou vrede
die chaos het verlangsaam
en ek het besef
jou gloriedae was getel tussen
een middernag se donker uur
en die geordende daglumier
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.