Jongste aktiwiteit:

soos

 

soos Dawid was hy

sy weg was Sy weg

waar hy gestruikel het

het Hy hom opgehelp

waar hy moes oorwin

was Hy voor in die geveg

al was hy koning van sy wyk

was Hy altyd Koning van alle konings

in Sy hand het hy homself oorgegee

vir elke verkeerde daad gekniel

in sak en as belydenis gedoen

telkens weer met Hom versoen

tot op sy laaste sterwensbed

het hy sy lewe aan Hom

wat aan alles lewe gee

onvoorwaardelik

oorgegee

 

© Tearlach.

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed